In hierdie episode gesels ons met een van die legendes van Suid-Afrikaanse rally-raid: Jannie Visser – voormalige nasionale kampioen en steunpilaar van die Barberspan Motor Klub.Jannie neem ons saam op 'n nostalgiese reis deur die sport se geskiedenis en deel fassinerende stories oor hoe dit alles begin het:Die ontwikkeling van baan-modderwedrenne by Syringa Park tot by Barberspan, en die oorgang na veldwedrenne weens brandstofbeperkingsDie groot bydrae van die Wes-Transvaal-motor-klubs tot die sport se groeiDie ikoniese Barberspan 500 – Suid-Afrika se oudste rally-raid-wedrenDie vroeë dae se kreatiewe roetebeplanning (en hoekom kunsmissakke in bome onmisbaar was!)Hoe die Wêreld Rally-Raid Kampioenskappe in 2025 van die legendariese Barberspan-roetes gebruik gemaak hetDie Visser-familie se diep en voortgesette betrokkenheid by die sportName wat in Episode 9 genoem word (in volgorde van verskyning): Chris Visser, Mof Visser, Richard Schilling, Bodo Bertholdt, Franz Czepek, Hennie Reyneke, Apie Reyneke, Rudi Muller, Hannes Grobler, Buks Carolin en Andries Visser.’n Nuwe episode van “Die Rally-Raid Dagboek” verskyn elke Donderdag!Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube, of jou gunsteling potgooi platform.🔥

Commentaires
Connectez-vous pour laisser un commentaire.