In Episode 22 van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons verder met die ses-malige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen, een van die top navigators van sy era en 'n ware legende van die sport, Richard Leeke. Richard het sukses behaal met verskeie top klas bestuurders, wat legendes insluit soos Sarel van der Merwe, Tony Pond, Paddy Driver, Philip Malan, Kassie Coetzee, Hannes Grobler, Duncan Vos en Satwant Singh. Geniet hierdie wedren deur die geskiedenis saam met Richard Leeke, ’n ware legende van die sport! Name wat in die gesprek genoem word (in volgorde van verskyning): Ken Howes, Jody Scheckter, Graham Duxbury, Don Vale, Ben Morgenrood, Steve Harding, Willie du Plessis, Sarel van der Merwe en Hannes Grobler. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling potgooi platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

Commentaires
Connectez-vous pour laisser un commentaire.