Aller au contenu
Aperçu en construction · site non indexé, aucun e-mail envoyé aux membres

Épisode · 28:25

Episode 20 - Richard Leeke (Deel 1 van 3)

Die Rally-Raid Dagboek · 1 oct. 2026

Commenter

Présentation

🎙 Episode 20 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar!In hierdie episode gesels ons met Richard Leeke – sesmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen, een van die top-navigators van sy era en ’n ware legende van die sport.Gedurende sy loopbaan het hy vir verskeie van die top-renjaers van verskillende fabriekspanne genavigeer, onder andere Sarel van der Merwe, Tony Pond, Paddy Driver, Philip Malan, Kassie Coetzee, Hannes Grobler, Duncan Vos en Satwant Singh. Hy het in stiptheidstydrenne, konvensionele tydrenne én rally-raid wedrenne sy merk gemaak.Aan die begin van sy motorsportloopbaan het hy soms self bestuur, maar dit was veral in stiptheidstydrenne waar hy vroeg al sy stempel afgedruk het voordat hy oorgeskakel het na tydrenne en rally-raid. Reeds in 1977 het hy die nasionale tydrenkampioenskap gewen saam met een van Suid-Afrika se motorsportlegendes, Sarel van der Merwe.Richard het met die jare ’n fyn aanvoeling ontwikkel om die regte “stem” en benadering te gebruik vir verskillende bestuurders – en sodoende die beste uit elkeen te kry.Geniet hierdie stappie deur die geskiedenis saam met Richard Leeke!Name wat in die gesprek genoem word (in volgorde van verskyning): Stan Vos, Bobby Hardy, Tony Pond, Eric Sanders, Hannes Grobler, Sarel van der Merwe, Francis Tucker, Dave Crevitt, Andy Dawson, die Vos-familie (Swaziland), Paddy Driver, Colin Berthordt, Hennie van der Linde, Ted Karsten, Roger Houghton, Eddie Keizan, Jeff Dalgleish, Philip Malan, Kassie Coetzee, “Fred” (die spesiale Toyota Hilux), Hannes Grobler en Duncan Vos.’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend.Luister nou op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

Commentaires

Connectez-vous pour laisser un commentaire.