Aller au contenu
Aperçu en construction · site non indexé, aucun e-mail envoyé aux membres

Épisode · 27:09

Episode 14 - Francois Jordaan (Deel 2 van 3)

Die Rally-Raid Dagboek · 20 août 2026

Commenter

Présentation

In hierdie episode gesels ons verder met Francois Jordaan – ’n ware legende in Suid-Afrikaanse rally-raid-kringe en ’n onvermoeide ambassadeur vir die sport. Francois deel nog meer van sy ryk ervaringe en stories, onder meer:· Die avonture en ervaringe tydens die 2004 Dakar saam met Giniel de Villiers in die Nissan-fabriekspan, en die blywende indrukke wat dit gelaat het· Die teleurstelling van Dakar 2008, wat op die laaste oomblik afgelas is, saam met Mark Corbett in ’n Century Racing Nissan Navara, die waardevolle verhoudings wat gebou is, en die lesse wat geleer is· Die 2012 Dakar in Suid-Amerika saam met Mark Corbett in die nuut ontwikkelde Century Racing CR5 – kameraadskap in die Suid-Afrikaanse rally-raid-gemeenskap wat ’n paar waaierbande gespaar het en die stil-stil klas oorwinning· Die lewe se gelukskote, die waarde van ’n positiewe ingesteldheid, en die groot impak wat die Dakar op Francois se lewe gehad hetName wat in hierdie episode genoem word (in volgorde van verskyning): Jim Redman, Piet Swanepoel, Giniel de Villiers, Glyn Hall, Jean-Louis Schlesser, Ari Vatanen, Colin McRae, Mark Corbett, Hannes Grobler, Neil Woolridge, Buks Carolin, Julien Hardy, Rudi Balzer, Colin Matthews en Hennie van der Stege.’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-potgooi-platform.Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

Commentaires

Connectez-vous pour laisser un commentaire.