Aller au contenu
Aperçu en construction · site non indexé, aucun e-mail envoyé aux membres

Épisode · 23:50

Episode 12 - Bodo Bertholdt (Deel 2 van 2)

Die Rally-Raid Dagboek · 6 août 2026

Commenter

Présentation

In hierdie episode gaan ons verder met een van die ware pioniers en legendes van Suid-Afrikaanse rally-raid – Bodo Bertholdt. Bodo deel meer onvergeetlike stories oor:Die kuns van verbetering op die ou Volkswagen Kewers, die oorskakeling na Sandmasters, en die stryd teen modder, skokbrekers en outydse “boer-maak-’n-plan” boswerktuigkundeSy liefde vir die Barberspan 500, die mense en hulle ongelooflike gasvryheidErvaringe by verskeie wedrenne deur die jare en die dramatiese ontwikkeling van die voertuieHoe motorsport ’n familie-saak geword het – met seuns en kleinkinders wat almal betrokke isDie kultuur van die sport vandag versus die ou dae, en wat dit regtig beteken om ’n legende te weesDie koste-aspek van die sport, die belangrikheid van fabriekspanne, en hoe die verskillende klasse die sport kompeterend houSy liefde vir alle vorme van motorsport, insluitende veldfietse en go-kartsDie seën om ’n sport te kan beoefen waar die hele familie saam betrokke kan weesName wat in die episode genoem word (in volgorde van verskyning): Paul Coertzer, Gerd Degener, Gary Bertholdt, Buks Carolin, Bevan Bertholdt en Paddy Driver.’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling potgooi-platform. Soek eenvoudig vir “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

Commentaires

Connectez-vous pour laisser un commentaire.