In hierdie episode gesels ons met een van die ware pioniers en legendes van rally-raid in Suid-Afrika — Bodo Bertholdt, As ’n pasgetroude man in 1970 het Bodo sy oog op ’n advertensie in The Star koerant laat val — “The Last Great Adventure in Africa is The Roof of Africa”. Saam met sy vrou het hulle in haar standaard Volkswagen Kewer geklim en dié avontuur aangevat. Agt jaar later het hy die Roof of Africa vir die eerste keer suksesvol voltooi. In die proses het hy 'n ikoon van die sport geword.In hierdie episode vertel Bodo van:• Die heel eerste Barberspan 500 waaraan hy deelgeneem het en die legendariese boeremusiek-partytjie daarna• Die vroeë dae van die Roof of Africa waar tot 140 voertuie deelgeneem het en die organiseerders dit so moeilik moontlik probeer maak het• Die besonderse "Spirit of the Roof of Africa"-toekenning wat vir hom baie beteken• Hoe die sport vinnig ontwikkel het toe die eerste Amerikaanse voertuie ingekom het• Die truuks wat hulle gebruik het om ou voertuie meer kompeterend te maak• Die storie van die voertuig wat van die krans afgeval het in Lesotho — en gratis aangebied is aan enigiemand dapper genoeg om dit te gaan uithaal• En ja… as jy tydens ’n wedren ’n nuwe ratkas nodig het — bel net jou vrou!Genoemde name in dié episode (in volgorde van verskyning): Mev Bertholdt, Gary Bertholdt, Philip Malan, Glen Parker, Jack Spencer, Gerd Degener, John Salters, Harry Ruscoe, Brett & Steven Parker, Paul Coertzer, Buks Carolin, Kenny Sjoldhammer, Franz Czepek en Ken Hillebrand.’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdag. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling potgooi-platform. Soek eenvoudig vir “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

Commentaires
Connectez-vous pour laisser un commentaire.